Dr JM Theunissen PDF  | Druk |  Epos

“Van die kinders wat tuisonderwys ontvang wou terugkeer na ons skool maar kon nie die toelatingseksamen slaag nie" - Dr JM Theunissen, Hoof : Hoërskool Overkruin, Pretoria

Zambi Skolenuus September 2006

Hierdie optrede van die skool behels natuurlik ‘n oortreding van Art 5(2) van die SA Skolewet (84 van 1996 soos gewysig) wat die aanwending van sulke toelatingseksamens ten strengste verbied. 

Aangesien die skool wel wederregtelik sulke eksamens gebruik, sou ons egter graag daarop wys dat kinders wat van tuisonderwys teruggaan na geïnstitusionaliseerde onderwys, juis daardie kinders is vir wie tuisonderwys nie gewerk het nie – hulle is per definisie die “drop-outs” van tuisonderwys. Dit sou derhalwe nie verbasend wees as hierdie kinders nie baie goed presteer nie.  

Die beste navorsing wat ons oor die onderwerp het dui dan ook daarop dat dit internasionaal nie meer as ongeveer 6% bedra van kinders wat van skole na tuisonderwys gegaan het nie.

 

Hierteenoor kan ons gerus in gedagte hou dat ongeveer 20% van leerders wat hul onderwys slegs in skole kry nooit funksioneel geletterd word nie.

 
< Vorige   Volgende >
Joomla School Template by Joomlashack
School Joomla Templates and Joomla Tutorials