|
Die Roodepoortse stadbiblioteek het diskriminerende maatreëls ingestel teen tuisskolers wat nie by die Gautengse Onderwysdepartement geregistreer is nie
Die Roodepoortse stadbiblioteek het diskriminerende maatreëls ingestel teen tuisskolers wat nie by die Gautengse Onderwysdepartement geregistreer is nie Soos baie ander biblioteke het die Roodepoortse stadbiblioteek 'n blokuitleenstelsel vir skole en tuisleerders. Ingevolge hierdie stelsel kan 'n gesin wat tuisonderwys doen tot dertig boeke uitneem vir 'n tydperk van drie maande of meer. 'n Lidgesin van die Pestalozzi Trust het oor 'n tydperk van etlike jare ongehinderd hierdie fasiliteit by die Roodepoortse stadsbiblioteek gebruik. Hulle is egter onlangs in kennis gestel dat die fasiliteit in die toekoms slegs beskikbaar sal wees vir tuisleerders wat by die Gautengse Onderwysdepartement geregistreer is. Leendert van Oostrum van die Pestalozzi Trust meen dat die Roodepoortse Stadsbiblioteek met hierdie maatreël waarskynlik op onbillike en onregmatige wyse diskrimineer teen tuisleerders wat nie by die onderwysdepartement geregistreer is nie. Hy meen egter dat hierdie verwikkeling nie in isolasie gesien moet word nie. Dit is, volgens hom, veral belangrik is in die lig van ander soortgelyke insidente wat in die onlangse verlede in Gauteng en ander provinsies plaasgevind het. Die persepsie begin ontstaan dat daar van owerheidsweë groter druk geplaas word op tuisskolers om hul kinders by onderwysdepartemente te registreer. Terselfdertyd, egter, word strenger en meer onbillike en onregmate eise gestel aan gesinne wat wel hul tuisleerders by onderwysdepartemente geregistreer het of wil registreer. Aldus Van Oostrum |