Die Pestalozzi Trust in 'n neutedop PDF  | Druk |  Epos

Logo
Regsfonds vir Tuisonderwys
Die Pestalozzi Trust geniet wye erkenning en ondersteuning vir die werk wat hy doen. Dit kom ook veel verder as slegs uit tuisskoolgeledere.

Vele onderwyskundiges aan universiteite en navorsers oor die onderwys, geestelike leiers van verskillende godsdienste, parlementslede, joernaliste, kindersielkundiges, pediatriese psigiaters, arbeidsterapeute en selfs onderwysamptenare en maatskaplike werkers het groot waardering vir die werk wat ons doen. Daar is inderdaad onderwysamptenare wat navrae liewer na ons verwys as na hul eie kollegas wat verantwoordelik is om tuisonderwys te administreer.

 
Ons roeping PDF  | Druk |  Epos

 

Die Pestalozzi Trust is ‘n geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat vrygestel is van inkomstebelasting omdat hy sy inkomste gebruik om dit moontlik te maak vir ouers om tuisonderwys vrymoediglik en met gemoedsrus ten beste belang van hul kinders te kies.

 
Werkswyse PDF  | Druk |  Epos
Opsomming:
Ons volg ons roeping hoofsaaklik deur:
a) Die reg op tuisonderwys te bevorder en te bewaar.
b)
Konflik tussen ons lede en onderwys- en welsynsdepartemente en ander owerheidsorgane te voorkom en op te los, en deur lidgesinne in die hof te verdedig indien dit konflik nie buite die hof besleg kan word nie.
c)
Die oogmerke en aktiwiteite te ondersteun van ander tuisskoolorgansiasies wat ons beginsels onderskryf.
d)
Onderling ondersteunende verhoudinge met tuisskolers in ander lande te onderhou.

 


Lees verder...
 
Ons baanrekord PDF  | Druk |  Epos

Opsomming:

Die Trust het hom gevestig as gesaghebbende bron van inligting vir die tuisskoolgemeenskap, die publiek, die media, navorsers en die owerheid. Dit spruit uit onder andere:

a)     Effektiewe reaksie teen pogings om tuisskolers te vervolg, somes met volle mediadekking, en vele ander pogings om tuisskolers te teister. Dit het die gevolg dat tuisskolers tans grootliks met rus gelaat word, veral as dit bekend word dat hulle aan die Pestalozzi Trust behoort.

b)      Duisende telefoniese en e-posnavrae en tienduisende bladsye inligting wat die Trust elke jaar verskaf. 

c)      Die Trust se inisiatief wat die onderwysminister verplig het om sy beoogde staatskurrikulum heeltemal te herskryf op ‘n wyse wat kinders grootliks vrystel van die gewetensdwang wat  die aanvanklik weergawe aanvanklik beoog het.

Lees verder...
 
Wat ons nié is nie PDF  | Druk |  Epos

Opsomming:

Anders as wat sommige kwaadwillige politici en amptenare wat ‘n politieke agenda het verkondig, geld die volgende:

a)                    Ons is nie 'n sambreel wat dekking bied aan wettelose mense nie, en ons moedig nie mense aan om die wet te breek nie. Ons help juis tuisskolers om die owerheid te verplig om sy eie wette te gehoorsaam. Kortom, ons beywer ons vir 'n ordelike regstaat.

b)                    Lidmaatskap van die Trust is nie 'n alternatief vir registrasie by onderwysdepartemente nie. Baie lede van die Trust is by onderwysdepartemente geregistreer. Trouens, tuisskolers wat by onderwysdepartemente geregistreer is het to dusver veel meer konflik met die departemente ervaar as gesinne wat nie geregistreer is nie. Daardie gesinne wat by die departemente geregistreer is het dus hul lidmaatskap van die regsfonds vir tuisonderwys nog meer nodig as dié wat nie geregistreer is nie.

c)                    Die Trust is nie op winsbejag of uitbuiting van tuisskoolgesinne ingestel nie. As ons was sou die Ontvanger van Inkomste onmiddelik ons belastingvrystelling kanseleer.

Lees verder...
 
Joomla School Template by Joomlashack
School Joomla Templates and Joomla Tutorials